"Ek herhaal jou" deur INGRID JONKER [boodskap #140273] |
Ma, 19 September 2022 20:59 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 523 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Ek herhaal jou
sonder begin of einde
herhaal ek jou liggaam
Die dag het 'n smal skadu
en die nag geel kruise
die landskap is sonder aansien
en die mense 'n ry kerse
terwyl ek jou herhaal
met my borste
wat die holtes van jou hand namaak
- Ingrid Jonker
|
|
|
Re: "Ek herhaal jou" deur INGRID JONKER [boodskap #140274 is 'n antwoord op boodskap #140273] |
Di, 20 September 2022 07:49 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 523 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Die gedig is duidelik vir 'n geliefde geskryf. Ek ken hom van my skooldae af, maar kan om die dood nie onthou hoe die juffrou die affêre aan 'n klas vol wulpse skoolkinders verduidelik het nie. So, paar gedagtes:
Ek herhaal jou
-- iets wat oor en oor gedoen, of oor en oor in die gedagte opgeroep word
sonder begin of einde
-- onophoudelik
herhaal ek jou liggaam
-- die leser kry 'n idee waaroor dit gaan (begeerte en verlange)
Die dag het 'n smal skadu
-- die son se skadu's is klein (metafories, onbenullig en onwerklik, by herhaling soos die dae verbygaan).
en die nag geel kruise
-- geel kruise verwys na sterre (soos die nagte verby flikker)
die landskap is sonder aansien
-- niks anders word raakgesien nie (in dele van die Karoo is daar ook nie veel om te sien nie)
en die mense 'n ry kerse
-- mense word met kerse vergelyk (mense kom en gaan)
terwyl ek jou herhaal
-- maar ek bly net dink aan jou...
met my borste
-- die lyn kom as 'n skok vir die leser
wat die holtes van jou hand namaak
-- die laaste lyn laat ook min aan die verbeelding oor!
|
|
|